Die Etienne Leroux-versameling van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans van die Universiteit van die Vrystaat bevat 'n verskeidenheid van bronne oor dié Afrikaanse skrywer, onder meer mediaberigte, resensies, akademiese artikels, proefskrifte en boeke uit sy biblioteek. Die versameling bied velerlei insigte oor Leroux se lewe en werk en die breër kulturele impak daarvan.

Die byeenbring en digitisering van hierdie versameling is gemik op 'n grondige en omvattende begrip vir en waardering van Leroux se bydrae tot die Suid-Afrikaanse letterkunde.

Maak 'n afspraak om die Etienne Leroux-kamer in Bloemfontein te besoek.

 

Next page >