Die sestigers

"Die vernuwing van die Sestig is nie net tot die Afrikaanse letterkunde beperk nie, maar laat sy invloed op die hele maatskaplike bestel in Suid-Afrika geld, breek baie van die taboes en vooroordele van die samelewing af en wysigdie literêre, morele, godsdienstige en politieke konvensies van die Afrikaner. Die Sestigers en hulle opvolgers oefen hierdie invloed op die gemeenskap allereers deur middel van hulle skeppende werk uit, maar daarnaas sit sommige van hulle by herhaling hulle opvatting oor die kuns en hulle idees oor die verhouding tussen literatuur en die owerhede in betogende stukke uiteen."

-J. C. Kannemeyer (Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987)