Magersfontein, o Magersfontein!
- Title
- Magersfontein, o Magersfontein!
- Description
- In Magersfontein, o Magersfontein! steun Leroux op die vloedramp van 1974 toe die Riet- en Modderrivier naby Magersfontein hulle walle oorstroom het, maar in die besonder op die historiese gegewens oor die Slag van Magersfontein waartydens generaal-majoor Wauchope met die nagtelike opmars van 11 Desember 1899 verslaan is deur die boere. J. C. Kannemeyer (in Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987) skryf dat Leroux se roma oor 'n buitelandse film- en T.V.-geselskap handel wat die historiese veldslag deur middel van akteurs en aktrises wil rekonstrueer, maar tydens die enscenering deur die onverwagte vloedramp oorval word. Alhoewe daar sekere raakpunte met sy vorige romans is, verskil Magersfontein, o Magersfontein! in baie opsigte van Leroux se voorafgaande drie trilogieë, onder meer deurdat die mitologiese verwysings veel geringer is en die historiese gegewe self as Suid-Afrikaanse "mite" dien.
- datePublished
- 1976
- publisher
- Kaapstad: Human & Rousseau
- isbn
- 0798106964
Part of Magersfontein, o Magersfontein!
Not viewed

