Die eerste lewe van Colet
- Title
- Die eerste lewe van Colet
- Description
- Etienne Leroux se debuut-roman, Die eerste lewe van Colet (1955), is 'n ontwikkelingsroman van 'n seun se kinderjare tot vroeë volwassenheid. J. C. Kannemeyer (in Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987) beskryf die roman as 'n voorganger in seksuele openheid in Afrikaanse literatuur. Die seun, Colet, is van sy vroegste jare bewus van die goeie en bose wat sy lewe oorheers, terwyl die omringende karakters in 'n sekere sin as gidse vir die sentrale ervarende figuur optree. Teen die einde van die roman gee die hoofkarakter Colet hom aan die bevrydende chaos oor en ervaar die verlede en hede in volkome verstrengeling met mekaar. Dit word verder versterk deur die nieu-saaklike styl, enumerasies en die oorgang van die derde na die eerste persoon.
- datePublished
- 1956
- publisher
- Kaapstad: Culemborg
- isbn
- 0798602406
- Date
- 1952
Part of Die eerste lewe van Colet

