Welgevonden revisited: a new translation of Sewe dae by die Silbersteins, and its literary-critical rationale
- Title
- Welgevonden revisited: a new translation of Sewe dae by die Silbersteins, and its literary-critical rationale
- author
- Penfold, Gregory Quiton
- datePublished
- 2013
- degree
- Master of Arts
- publisher
- Stellenbosch University
- contributor
- De Kock, Leon
- description
-
In hierdie tesis word die skryfwerk van die hoog aangeskrewe Afrikaanse modernis Etienne Leroux vanuit 'n Suid-Afrikaans Engelse oogpunt in heraanskouing geneem. Die kandidaat se nuwe vertaling van Leroux se beroemde roman, Sewe dae by die Silbersteins
(1962 ), word as uitgangpunt gebruik vir vrae oor hoe Leroux se werk “herskryf” is deur kritici en vertalers. In verband hiermee word die vertaal-teoris André Lefevere se werk
gebruik om die ontvangs van Leroux se werk buite die Afrikaanse literêre sisteem in oënskou te neem. Uit n literêr-historiografiese standpunt word bewys dat vertaling 'n sleutel-rol in Leroux se internasionale beroemdheid en sy daaropvolgende verdwyning gespeel het. Leroux se status binne die Engelse literêre-stelsel berus tans hoofsaaklik op bestaande vertalings van sy romans, wat beperk in omvang en gehalte is. Leroux se “Engelse” reputasie neem as gevolg hiervan glad nie die sikliese eienskappe van sy fiksie in ag nie, bowenal sy oorkoepelende siklus van nege romans, wat die grondslag van Leroux se roem in Afrikaans vorm. Verskeie misvattings wat uit hierdie toestand voortspruit – veral die gedagte dat Leroux se skryfwerk apolities en “duister” is – word bevraagteken. Vernaamlik die werk van J. C. Kannemeyer wys daarop dat Leroux se kuns baie meer integraal en radikaal is as wat dit blyk binne die wanvoorstelling daarvan in Suid-Afrikaanse kritiek in Engels. ‘n Pleidooi word gemaak vir ‘n herwaardering van Leroux as 'n sentrale figuur in moderne Suid-Afrikaanse fiksie, vergelykbaar selfs met J.M. Coetzee. Verder word gepleit vir die behoefte aan nuwe vertalings van Leroux se werk, om sodoende 'n deeglike herwaardering moontlik te maak. Daarna volg 'n bespreking van die vertalingsproses van die kandidaat se nuwe vertaling van Sewe dae by die Silbersteins. 'n Reeks noukeurige beskouings wat die nuwe vertaling met die bestaande vertaling (Charles Eglington, 1964) vergelyk, wys daarop dat Eglington se vertaling kerneienskappe van Leroux se teks effektief verdoesel. Hierdie eienskappe, word aangevoer, is noodsaaklik vir 'n deeglike begrip van Leroux se teks. Die kandidaat bied ‘n wye analise oor hierdie eienskappe aan en voer ook aan dat sy nuwe vertaling die wese van Leroux se roman in ere herstel. Die tesis sluit af met 'n mise au point waarin die insigte wat bereik is deur die vertalingsproses voorgestel word as stof tot nadenke oor Leroux se belangrikheid in vandag se leefwêreld. Daar word vervolgens ook bewys dat Leroux se werk bestand is teen die onbruik waarin tydgebonde littérature engagée dikwels verval. Veral Sewe dae by die Silbersteins, en die nuwe vertaling wat hier aangebied word, bied 'n satiriese beskouing van subjektiwiteit onder apartheid-kapitalisme wat strook met huidige voorstellings van apartheid as metafoor vir globale kapitalisme. - keywords
- Leroux, Etienne
- Sewe dae by die Silbersteins, 1962
- Vertaling
- inLanguage
- English
- identifier
- http://hdl.handle.net/10019.1/85646
- numberOfPages
- 226
- fileFormat
Position: 17 (2 views)
