Die rol van die demoniese in Den spieghel der salicheit van Elckerlijc, Mariken van Nieumeghen en Sewe dae by die Silbersteins: 'n vergelykende studie
- Title
- Die rol van die demoniese in Den spieghel der salicheit van Elckerlijc, Mariken van Nieumeghen en Sewe dae by die Silbersteins: 'n vergelykende studie
- author
- Brümmer, Annebelle
- datePublished
- 2013
- degree
- Magister Artium
- publisher
- Universiteit van die Vrystaat
- department
- Departement van Drama en Teaterkuns
- contributor
- Luwe, N. J.
- Van Coller, H. P.
- description
- Die navorser het gekyk na die invloede van Romeinse rituele op die Christelike geloof. Na deeglike navorsing het dit geblyk dat die Romeinse invloede nie verlore gegaan het met die bekendstelling van die Christelike geloof aan die res van Europa nie. Die navorser het teruggegaan na ou rituele en bygelowe en gekyk hoe drama (mimiek) uit die rituele ontwikkel het. Dit is egter duidelik dat duiwelse beswyminge en demoniese voorstellings 'n groot rol in dié rituele gespeel het. Die navorser het bevind dat baie van die gelowe met die Christelike geloof vermeng is en na die kerk, in die vorm van teater, oorgedra is. Die demoniese karakter het 'n besondere rol gespeel en daar is baie aandag gegee om die oordrag van die Hel en demone so uitspattig as moontlik te maak. Die studie het bevind dat die demoniese karakter in die toneelstuk Mariken van Nieumeghen, 'n baie prominente rol gespeel het. Die navorser het nog 'n Middeleeuse teks, genaamd Den spieghel der salicheit van Elckerlijc, geanaliseer. Wat baie interessant was, is dat albei tekste ooreenkomste toon met die kunstenaar Hiëronymus Bosch; sy demoniese karakters in sy skilderye, asook sy voorstelling van die dood. Die navorser het ook ooreenkomste tussen die verhaal van Den spieghel der salicheit van Elckerlijc en Boedhistiese gelykenisse bevind. Tydens bogenoemde studies het die navorser ook die Middeleeuse elemente in 'n Suid-Afrikaanse sestigers roman, Sewe Dae by die Silbersteins, deur Etienne Leroux nagevors. Die navorser het die rol wat geslag tydens die uitbeelding van die bose karakters speel in die roman bepaal. Deeglike analise van die roman toon duidelike ooreenkomste tussen die uitbeelding van die bose karakters in dié teks en die voorstellings van die demoniese karakters van die Middeleeue. Die studie toon verder dat Romeinse- en Griekse mitologie in dié roman neerslag gevind het en die Middeleeuse tekste daardeur beïnvloed is. Ooreenkomste tussen Hiëronymus Bosch se uitbeelding van die bose kon ook met die uitbeelding van die Bose in die tekste gevind word.
- keywords
- Den spieghel der salicheit van Elckerlijc, 1495
- Mariken van Nieumeghen, 1515
- Sewe dae by die Silbersteins, 1962
- Mitologie
- Bosch, Hieronymus
- inLanguage
- Afrikaans
- numberOfPages
- 183
- fileFormat
Not viewed
