'n Vergelykende studie van Die eerste siklus deur Etienne Leroux en Die avonture van Pieter Francken deur Jaco Fouché
- Title
- 'n Vergelykende studie van Die eerste siklus deur Etienne Leroux en Die avonture van Pieter Francken deur Jaco Fouché
- author
- Barendse, Joan-Mari
- datePublished
- 2007
- degree
- Magister in Lettere en Wysbegeerte
- publisher
- Universiteit van Stellenbosch
- department
- Lettere en Wysbegeerte
- contributor
- Viljoen, L.
- description
- In hierdie tesis word daar 'n vergelykende studie onderneem van Die eerste siklus deur Etienne Leroux en Die avonture van Pieter Francken deur Jaco Fouché. In Hoofstuk 1 word daar gekyk na die ooreenkomste wat tussen hulle werk uitgewys is in resensies en artikels. Daar word verder gekyk na die uiteenlopende teorieë wat daar bestaan in verband met die veld van vergelykende literatuurstudies en 'n teorie word geformuleer wat spesifiek op hierdie studie betrek kan word. Daar word verder 'n uiteensetting gegee van die elemente van die tekste wat in hierdie studie vergelyk gaan word. In Hoofstuk 2 word die sosio-politiese en literêr-historiese kontekste van Leroux en Fouché vergelyk. In die geval van die sosio-politiese konteks word daar 'n onderskeid gemaak tussen die konteks waarin die skrywers publiseer en die konteks waarin die romans afspeel. In Hoofstuk 3 word die figuur van die buitestaander bespreek. Die buitestaandersfigure in die verskeie romans word geïdentifiseer en ooreenkomste word tussen die karakters getrek. In Hoofstuk 4 word daar bespreek hoe die gegewe van die ridderverhaal as 'n interteks funksioneer in die romans en hoe sommige van die karakters uitgebeeld wrod as die Jungiaanse argetipe van die ridder of held. In die samevatting word die hoofpunt van vergelyking bymekaar gebring.
- keywords
- Leroux, Etienne
- Die eerste siklus
- Fouché, Jaco
- Die avonture van Pieter Francken, 2005
- inLanguage
- Afrikaans
- identifier
- http://hdl.handle.net/10019.1/1878
- numberOfPages
- 115
- fileFormat
Position: 32 (1 views)
