Aspekte van die verhouding tussen primordialiteit en simbolisering met spesiale verwysing na werke van DJ Opperman en Etienne Leroux
- Title
- Aspekte van die verhouding tussen primordialiteit en simbolisering met spesiale verwysing na werke van DJ Opperman en Etienne Leroux
- author
- Wessels, Hermann
- datePublished
- 1998
- degree
- Master of Arts
- publisher
- Universiteit van Kaapstad
- department
- Afrikaans en Nederlands
- contributor
- Snyman, Henning
- description
- Hierdie tesis het ten doel om inhoud te gee aan die konsepte primordialiteit en simbolisering en om die verhouding tussen primordialiteit en simbolisering te ondersoek. In hierdie werk wrod gepostuleer: 1. dat daar 'n primordiale wêreld in letterkunde bestaan; 2. dat die proses van simbolisering nodig is vir die oorgang na die primordiale wêreld in letterkunde; en 3. dat primordialiteit en die proses van simbolisering waarmee tot die primordiale wêreld oorgegaan word, tot 'n evaluerende konsep van die literêre teks ontwikkel. In die eerste hoofstuk word verduidelik wat die aard van die simbool is en daar word gewys op die verhouding tussen primordialiteit en simbolisering. Die aard van die primordiale word ondersoek deur te wys waarmee die primordiale korrespondeer, te wete die oer-chaotiese paradys-wêreld en die rudimentêrste laag van die menslike psige (of in Jungiaanse terminologie, die Kollektiewe Onbewuste). Daar word verder geargumenteer dat vir simbole om blywend te wees, dit 'n vereiste is dat hulle in die primordiale gewortel moet wees, omdat slegs hierdie simbole die oorgang na 'n primordiale wêreld in die letterkunde kan bewerkstellig, en as dit nie bereik word nie, sal die simbool sy betekenis verloor en sterf. Die primordiale simbole skakel weer op hul beurt om 'n mite, of singewende verhaal, te vorm. Vir die literêre teks om dus 'n singewende verhaal of mite te wordwat van blywende waarde is, moet die proses van simbolisering deur middel van primordiale simbole plaasvind. Die verhale wat blywend geword het, word dus mite en sluit die mitologiese oorleweringe, die alchemie en sprokies in. In die tweede hoofstuk is die postulasie dat veral sekere simbole van kern-belang is vir die oorgang na die primordiale wêreld. Hierdie simbole word spesifiek ondersoek en daar word ook aangetoon watter belangrike rol hulle speel in sekere singewende mites, soos die klassieke Griekse en die antieke Egiptiese mitologiese oorleweringe asook die alchemie. Daar word verder geargumenteer dat die mitologie van groot belang is v ir die oorgang na die primordiale. een wyse waarop die moderne skrywer die oorgang na die primordiale wêreld kan maak, is om in sy proses van simbolisering sinvol aan te sluit by hierdie mites en hulle primordiale simboliek. Die postulasie word verder gemaak dat die literêre werke van DJ Opperman en Etienne Leroux in die tradisie van die singewende blywende mite staan. Daar word ds geteleskopeer vanaf die primêre literêre tekste, naamlik Komas uit 'n Bamboesstok van Opperman en Isis Isis Isis van Leroux na die mites waarby hierdie tekste aansluit. Hierdie mites en die simbole waaruit hulle bestaan word dan ondersoek en daardeur word verdere inhoud aan die konsep primordialiteit gegee. In die derde en vierdie hoofstukke word gekonsentreer op 'n analise van aspekte van die primordiale en die proses van simbolisering in sekere gedigte uit Komas uit 'n Bamboesstok en teksgedeeltes uit Isis Isis Isis. Die proses van simbolisering en die primordiale waardes van die implikasie-verskynsels word sistematies uitgewys. Die postulasie dat DJ Opperman en Etienne Leroux aansluit by die tradisie van die blywende mites word in die analise van die primêre tekste waar bewys. Uiteindelik word die herkenning van die primordiale wêreld in die letterkunde in hierdie studie tot 'n evaluerende konsep ontwikkel. Dit is egter 'n konsep wat vanaf die literêre teks uitgegaan en die literêre teks tot die belangrikste posisie verhef.
- keywords
- Opperman, D. J.
- Leroux, Etienne
- Komas uit 'n bamboesstok, 1979
- Isis Isis Isis, 1969
- inLanguage
- Afrikaans
- identifier
- http://hdl.handle.net/11427/19640
- numberOfPages
- 223
- fileFormat
Not viewed
