Tekswysigings in "Die eerste siklus" (Leroux) - 'n evaluerende ondersoek in die lig van die Afrikaanse edisietegniek
- Title
- Tekswysigings in "Die eerste siklus" (Leroux) - 'n evaluerende ondersoek in die lig van die Afrikaanse edisietegniek
- author
- Teise, Victor Nico
- datePublished
- 1996
- degree
- Magister Artium
- publisher
- Universiteit van die Oranje-Vrystaat
- department
- Departement Afrikaans en Nederlands
- contributor
- Van Coller, H. P.
- description
- Hierdie ondersoek het as doelstelling die evaluering van edisietegniese prosedures in gekanoniseerde Afrikaanse literêre tekste in die algemeen en met betrekking tot Etienne Leroux se werk in die besonder. Die hipotetiese uitgangspunt waardeur die ondersoek gerig wrod, word vervat in uitsprake deur onder andere Johann Johl (1986) wat sy besorgdheid opper oor 'n "gebrek aan gefundeerde tekskundige kritiek in Afrikaans" sowel as André P. Brink (1987) se bevraagtekening van die edisietegniese benadering wat ten opsigte van Die eerste siklus (1986) gehandhaaf is. Brink beskou vervolgens hierdie werk as "'n vae deurmekaarspul (...) onbetroubaar en irriterend." Aan die hand dus van kontroleerbare bewysplase uit verskeie literêre tekste word hierdie uitsprake van Johl (1986) en Brink (1987) aan toetsing onderwerp. Synde tekswysigings binne die raamwerk van 'n wetenskaplik gefundeerde dissipline, nl. die edisietegniek (Eng. textual criticism) behoort te geskied, word 'n historiese oorsig, sowel as die aard en uitgangspunte van die betrokke dissipline gegee. Ook word bepaalde terminologiese kwessies (o.a. outorisering, outeursintensie, herspeling, kopieerteks, e. d.) en brandpunte binne die dissipline verken. Edisietegniese procédés wat by verskeie Afrikaanse tekskundige uitgawes gevolg is, word teen die agtergron van die omskrewe tekskundige uitgangspunte ondersoek. Aspekte wat derhalwe in hierdie opsig aan die bod kom, is veral die volgende: die wyse waarop tekswysigings geskied het; die aard en omvang van hierdie verwysings; outorisering, outeursintensie, herspelling, e.d.; die kontroleerbaarheid van die tekswysigings veral met betrekking tot die hantering van rassismes/raspejoratiewe in hersiene uitgawes soos Laat vrugte (C. M. van den Heever) en Bart nel (J. van Melle). Wanneer die werk van Leroux onder die soeklig geplaas word, word tekswysigings in die volgende tekste op 'n evaluatiewe wyse ondersoek, nl. Die eerste lewe van Colet (1975), Die mugu (1974), Hilaria (s.j.) en Die eerste siklus (1986). Laasgenoemde teks is dan ook die sentrale objek van die ondersoek. Belangrike aspekte waarop die fokus hier geplaas word, is hoofsaaklik die volgende: 'n oorsigtelike geskiedenis van elke teks; outorisering, outeursintensie,, herspelling en tekskeuse; 'n inventaris van wysigings in elke teks; en die hantering van rassismes/raspejoratiewe op die volgende vertelvlakke van Scmid o.a. personeteks, vertellerteks en outeursteks. Die slotsom waartoe gekom word, is dat die edisietegniese prosedures ten opsigte van die meeste nagegane Afrikaanse tekskundige uitgawes 'n gebrek toon aan wetenskaplie onderlegheid. Hiervan getuig die volgende leemtes in die meeste versamelde werke. Onvolledigheid; die onbevredigende chronologiese rangskikking/ordening van versamelde materiaal in sommige werke; die ongemotiveerde redaksionele ingrype in sommige tekste; tekskundige procédés wat in die meeste gevalle nie verantwoord word nie; selektiewe apparate (ook variantapparate) waarin variante hiërargies georden behoort te word, wat in die meeste gevalle ontbreek; en raspejoratiewe kwessies wat meestal nie behoorlik besin is nie. Te oordeel aan die teksdoelwit wat ten opsige van Die eerste siklus (1986) gestel is, kangekonstateer word dat hierdie werk ten spyte van enkele leemtes wat uitgewys is, voldoen aan van die belangrikste tekskundige beginsels binne die edisietegniek en dat Brink se oordeel oorhaastig was.
- keywords
- Die eerste siklus, 1986
- Leroux, Etienne
- Die eerste lewe van Colet, 1975
- Die mugu, 1974
- Hilaria, s.j.
- inLanguage
- Afrikaans
- identifier
- http://hdl.handle.net/11660/11679
- numberOfPages
- 301
- fileFormat
Not viewed
