-
Title
-
Die alter ego in die romans van Etienne Leroux
-
author
-
Borman, Martha M.
-
datePublished
-
1990
-
degree
-
Philosophiae Doctor
-
publisher
-
Universiteit van Kaapstad
-
contributor
-
Snyman, H. J.
-
description
-
Die konfrontasie tussen die mens en sy alter ego (die "antler" in die psige) is nie 'n onbekende verskynsel nie. Sedert die vroegste tye het filosowe en skrywers na die alter ego verwys en korter gelede het 'n aantal psigiaters, sielkundiges, antropoloe en literatore die dubbelganger/alter ego as studieterrein gekies. Onder andere word die feit beklemtoon dat die fenomeen van die dubbelganger of alter ego nie net 'n versinsel van filosowe of skrywers is nie, maar 'n patologiese realiteit wat met intrapsigiese konflik verband hou. Voorts word aangedui dat die frekwensie van die verskyning van die alter ego in die literatuur die eienaardigheid van die lewe en die kompleksiteit van die menslike psige beklemtoon. In die eerste hoofstuk van hierdie studie is daar 'n uiteensetting van die verkenning verskillende vakgeleerdes. In die romans van Etienne Leroux staan twee aspekte sentraal. Enersyds word die konflik tussen orde en chaos (die "aanvaarbare" orde en die "onaanvaarbare" orde) - en verskeie nuanses van hierdie konflik uitgebeeld. Andersyds, en in samehang met bogenoemde, val die klem op die siklus skepping -> vernietiging -> hergeboorte. Die verskillende ordes of waardesisteme het dualiteit (selfs multiplisiteit) by die mens tot gevolg wat aanleiding kan gee tot vrees, angs of skuldgevoel en uiteindelik tot sodanige onrus of verwarring dat die konflikterende begeertes of gevoelens geprojekteer word en in die werk van Leroux as afsonderlike "ego's" uitgebeeld word.
-
keywords
-
Alter ego
-
Leroux, Etienne
-
Die eerste lewe van Colet, 1955
-
Hilaria, 1957
-
Die mugu, 1959
-
Sewe dae by die Silbersteins, 1962
-
Een vir Azazel, 1964
-
Die derde oog, 1966
-
18-44, 1967
-
Isis Isis Isis, 1969
-
Na'va, 1972
-
Magersfontein, o Magersfontein! 1976
-
Onse Hymie, 1982
-
inLanguage
-
Afrikaans
-
numberOfPages
-
420
-
fileFormat
-
PDF