Die verhaal in Laat vrugte en 18-44
- Title
- Die verhaal in Laat vrugte en 18-44
- author
- Du Plooy, Heiltje Johanna Gertruida
- datePublished
- 1981
- degree
- Magister Artium
- publisher
- Universiteit van Pretoria
- department
- Departement Afrikaans
- contributor
- Botha, Elise
- description
- In die moderne romankuns word die verhaal in die roman as minder belangrik en selfs as 'n struikelblok beskou. Hierdie studie ontleed die narratologiese struktuur van Laat vrugte van C. M. van den Heever en 18-44 van Etienne Leroux om vas te stel hoe die verhaal in 'n ouer "tradisionele" roman ook in 'n "moderne" roman daar uitsien. Hoofstuk I bevat die probleemstelling en sekere basiese uitgangspunte. Hoofstuk II bespreek die verhouding tussen die roman en die werklikheid kortliks en Hoofstuk III bevat enkele gedagtes oor die seleksie van stof. Die ordening van stof is 'n belangrike aspek van die roman en in Hoofstuk IV word die terme fabel en sujet, story en plot ontleed om 'n hanteerbare en praktiese ontledingsmetode van die roman te vind. In Hoofstuk V word die fabel en sujet van Laat Vrugte en 18-44 gegee en bespreek en Hoofstuk VI word gewy aan sekere aspekte van tyd, opeenvolging en volgorde in die twee romans. Hoofstuk VII handel oor die betekenisdraende motiewe in elke roman en in Hoofstuk VIII word die struktureringsprinsipes in elke geval bepaal en bespreek. Hoofstuk IX bevat 'n bespiegeling oor die betekenis van die verhaal in hierdie twee romans en in die roman in die algemeen veral ten opsigte van die probleem van die konkrete outeur wat 'n komplekse en verwarrende tydsgewrig in die roman wil vergestalt.
- keywords
- 18-44, 1967
- Van den Heever, C. M.
- Laat vrugte, 1939
- Leroux, Etienne
- inLanguage
- Afrikaans
- numberOfPages
- 251
- fileFormat
