Enkele terugkerende motiewe in die romankuns van Etienne Leroux
- Title
- Enkele terugkerende motiewe in die romankuns van Etienne Leroux
- author
- Hauptfleisch, Hermien
- datePublished
- 1980
- degree
- Magister Artium
- publisher
- Universiteit van Suid-Afrika
- department
- Afrikaans en Nederlands
- contributor
- Spangenberg, D. F.
- description
- In hierdie studie word besin oor Leroux se tegniek om sekere motiewe in sy werk te laat terugkeer, byvoorbeeld die mens se stryd tussen goed en kwaad wat in die gemeenskap uitloop op 'n toestand van 'n wankelende ewewig tussen orde en chaos. Karakters kan ook terugkeer. Die Protagoniste word "outsider-figure", terwyl Julius en Julia die tweede teenpole van orde en chaos verteenwoordig. Meturgemanne, die Vrou, die Priester en die Tuinier word ook bestudeer, sowel as die hipotese dat die mite òf uitgedien is, òf vervang word deur 'n kitsmite wat ewe kragteloos is. Simboliek as terugkerende motief manifesteer in: (a) Milieu; (b) Reinigingsimbole; (c) Simbole ten opsigte van persoonlikheidsindividuasie; (d) Musieksimboliek; (e) Getalsimboliek; (f) Simbole van onvoltooidheid; (g) Onheilsimbole. Ten slotte word besluit dat Leroux terugkerende motiewe gebruik omdat hy besig bly met net een tema: vrees. 'n Eksistensialistiese vrees ontstaan by die mens omdat hy kontak met die mistieke sy van die lewe verloor het. Hierdie bestaansvrees word in die gemeenskap in toenemende getalle neuroses en psigoses voltrek.
- keywords
- Leroux, Etienne
- inLanguage
- Afrikaans
- numberOfPages
- 156
- fileFormat
Part of Enkele terugkerende motiewe in die romankuns van Etienne Leroux
