Colet van Velden as buitestaanderfiguur by Etienne Leroux
- Title
- Colet van Velden as buitestaanderfiguur by Etienne Leroux
- author
- Grobler, Daniël Christiaan
- datePublished
- 1977
- degree
- Magister Artium
- publisher
- Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys
- department
- Afrikaans-Nederlands
- contributor
- Steenberg, D. H.
- description
- In hierdie verhandeling word eerstens die begrip "Eksistensialisme" opgeklaar en aangetoon hoedat suiwer filosofie literêre bestaansreg in die romankuns verkry het. Daar word ook aangetoon hoedat die buitestaander as literêre figuur binne die begripsomvang van die Eksistensialisme tot stand kom. Dit was veral nodig om die begrip "Eksistensialisme" nader toe te lig, omdat daar telkens tydens die letterkundige beskouing van die twee romans onder bestudering, op die filosofiese beslag van die gedagtes gewys word. Verder word daar 'n studie gemaak van die verskillende aspekte wat by buitestaanderskap betrokke is, en dit word gedoen aan die hand van die eerste twee romans in Etienne Leroux se oeuvre, naamlik Die eerste lewe van Colet en Hilaria. Daar word veral klem gelê op die nie-kommunikatiewe aard van die buitestaander, wat 'n geleidelike wordingsproses tot vereensaming, isolasie en angs tot gevolg het. Dit is duidelik dat Colet nie buitestaander wil wees nie, maar dat hy vanweë sy verlede nie anders kan nie en dus gebonde is aan buitestaanderskap. Die gesigspunt waaruit die buitestaander se verhaal vertel word, word ook aangeroer en dit blyk duidelik dat hy, vanweë sy persoonlike betrokkenheid by gebeure, nie die hulp van 'n alomteenwoordige verteller nodig het nie. Die stem van die buitestaander self is baie duidelik in die romans hoorbaar. Ten slotte word die vraag of dit alles op die onvermydelike wyse 'n literêre doel dien, wat die betekenis van Colet se lewensiening is en van die motiewe wat sy handelswyse ten grondslag lê, letterkundig verantwoord.
- keywords
- Die eerste lewe van Colet, 1955
- Hilaria, 1957
- Leroux, Etienne
- inLanguage
- Afrikaans
- numberOfPages
- 104
- fileFormat
Part of Colet van Velden as buitestaanderfiguur by Etienne Leroux
