Satire en verskyningsvorm daarvan in die verhaalkuns van C.J. Langenhoven en Etienne Leroux
- Title
- Satire en verskyningsvorm daarvan in die verhaalkuns van C.J. Langenhoven en Etienne Leroux
- author
- Venter, Louis Stephanus
- datePublished
- 1973
- degree
- Magister Artium
- publisher
- Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys
- department
- Afrikaans Nederlands
- contributor
- Minnaar, L. C.
- description
- In hierdie verhandeling is van die satireteorie en definisie van Ulrich Gaier uitgegaan. In die lig daarvan is die wese van die satirevertelhouding omlyn, waarby veral klem gelê is op die militante aard daarvan. Die satirikus ervaar die werklikheid as wesenlik bedreigend en wil deur die militante woord hierdie bedreiging beveg. Die bepaalde objek wat hy satiries aanval, is steeds verteenwoordigend van die groter bedreigende mag waarvan hy hom bewus voel. Op grond hiervan verkry die ware satiriese aanval, ten spyte van die sterk werklikheidsverbondenheid wat dit moet hê, 'n tydloser en universeler toepasbaarheid. C. J. Langenhoven se DOPPERS EN FILISTYNE is 'n geslaagde verskyningsvorm van 'n bepaalde soort satire, terwyl sy SONDE MET DIE BURE en HERRIE OP DIE OU TREMSPOOR verhale is wat satiriese momente bevat, maar na vertelhouding onderskeidelik on- en teensatiries genoem kan word. Etienne Leroux se SEWE DAE BY DIE SILBERSTEINS en DIE DERDE OOG verteenwoordig, in vergelyking met bogenoemde verhale van Langenhoven, 'n volstrek anderssoortige verskyningsvorm van satire. 'n Vergelyking tussen werke van hierdie twee outeurs bevestig die opvatting dat satire 'n ryklik geskakeerde vorm van woordkuns is. Ten spyte van die groot verskille tussen hul werk, wil Langenhoven én Leroux as satirici die leser leer om werklikheidsgegewes opnuut te interpreteer, sodat die leser bewus word van die gesiglose bedreigende mag wat in dié dinge gemanifesteer word. Op hierdie wyse kan die leser hom saam met die satirikus distansieer van die negatiewe magte wat 'n sinvolle bestaan bedreig. "Denn darum geht es in diesem Kampf: das Besusstsein von einer drohenden und widerwärtigen Wirklichkeit zu befreien, die als undefinierbare und gesichtlose Macht in das Bewusstsein eingedrungen is und es zum selbeständigen Handeln unfähig macht".
- keywords
- Langenhoven, C. J.
- Leroux, Etienne
- inLanguage
- Afrikaans
- numberOfPages
- 157
- fileFormat
Part of Satire en verskyningsvorm daarvan in die verhaalkuns van C.J. Langenhoven en Etienne Leroux
