Die verteller in Etienne Leroux se 18-44 en Isis Isis Isis...
- Title
- Die verteller in Etienne Leroux se 18-44 en Isis Isis Isis...
- author
- Koen, Renske Zwaantje Johanna
- datePublished
- 1972
- degree
- Magister Artium
- publisher
- Universiteit van Pretoria
- department
- Fakulteit Lettere en Wysbegeerte
- contributor
- Botha, Elize
- description
- In hierdie studio word die vertelwyse van die verteller in Etienne Leroux se 18-44 en Isis Isis Isis... ondersoek. Omdat daar groot ooreenkomste bestaan tussen die twee boeke wat die kwestie van die verteller en die vertelwyse betref, word hulle in 'n bepaalde opsig saam gesien. In hoofdstuk I word daar besondere aandag geskenk aan die keuze van die verteller om sy verhaal in die eerste persoon te vertel. Daar word nagegaan of die algemene opvattings oor die kenmerke van die eerstepersoonsvertelling bevestig of weerlê word deur die wyse waarop hierdie verteller dit gebruik. Daar word aangetoon hoedat die verteller in sommige gevalle die nadele van hierdie aanbiedingswyse tot voordeel van die werke aanwend. In hoofstuk II word daar aangetoon dat die verteller sy lesers dikwels opsetlik mislei, verwar en bedrieg. Daar word ingegaan op hierdie mistifikasies en die paradoksale in die aanbiedingswyse om uit te vind in welke mate en op watter wyses hierdie faktore die geloofwaardigheid van die verteller aantast en die interpretatie van die werke beïnvloed. In hoofstuk III word die feit dat hierdie verteller huis 'n skrywer is, bespreek. Hy noem homself 'n "knolskrywer" en hierdie woordkeuse word belig. Daar word aangeduid dat sy skrywerskap nie alleen belangrik is vir die verloop van die verhaal nie, maar dat dit veral 'n belangrijke aspek van die komposisie is. Interessantheidshalwe word sekere van Leroux se die verklarings aangaande die skrywerskap vergelyk met die sienings van die knolskrywer in hierdie boeke uitspreek of openbaar. Dit is nodig geag om die boeke apart onder oë te neem om elke boek die kans te gee om sy eie sê te sê en omdat die interpretasie van die boeke in die vorige drie hoofstukke noodwendig besonder fragmentaries aangebied moes word. Daarom word daar in hoofstuk IV hoofsaaklik aandag geskenk aan 'n interpretasie van elke boek, waar albei gesien word as pogings van die knolskrywer om 'n volwaardige skrywer te word.
- keywords
- 18-44, 1967
- Isis Isis Isis, 1969
- Leroux, Etienne
- inLanguage
- Afrikaans
Part of Die verteller in Etienne Leroux se 18-44 en Isis Isis Isis...
