'n Vergelyking tussen Sewe Duiwels en wat hulle gedoen het en Sewe Dae by die Silbersteins
- Title
- 'n Vergelyking tussen Sewe Duiwels en wat hulle gedoen het en Sewe Dae by die Silbersteins
- author
- Pretorius, Jan Adriaan
- datePublished
- 1966
- degree
- Magister Artium
- publisher
- Universiteit van Pretoria
- department
- Fakulteit van Lettere en Wysbegeerte
- contributor
- Strydom, S.
- description
- Die prikkel vir hierdie verhandeling, is die feit dat die twee werke, Sewe Duiwels en wat hulle gedoen het (J.L. Cachet) and Sewe Dae by die Silbersteins (E. Leroux) elk eintlik 'n diagnose wil wees van spesifiek dié gesteldhede wat die mens se geestelike weerbaarheid vorm en sy integriteit bepaal. Uit die aard van die taak is dit vanselfsprekend dat saam met die stofgegewe wat hulle uit die werklikheid in hulle werke opgeneem het, die skrywers ook morele waardes moes opneem en wel in so 'n mate, dat dit die kern van die sentrale tema vorm in elke werk. In Hoofstuk I het ek daarom ingegaan op die plek van moraliteit as struktuurelement in die proefwerk. Hoofstuk II is 'n bespreking van Sewe Duiwels en wat hulle gedoen het en Hoofstuk III is bespreking van Sewe Dae by die Silbersteins. 'n Volwaardige vergelyking van die twee werke ten opsigte van die konflik tussen kwaad en goed het enter geblyk onmoontlik te wees. Vanselfsprekend sou so 'n vergelyking 'n dubbele ondersoek moet wees, naamlik 'n ondersoek na die botsing tussen kwaad en goed in elke werk afsonderlik, en daarna 'n vergelyking tussen die twee outonome werke. Soos ek in die betrokken hoofstukke sal aantoon, kon 'n konflik tussen goed en kwaad in elke werk nie behandel word nie. 'n Vergelyking van die twee outonome werke het ook geblyk onmoontlik te wees. Eerstens is daar 'n groot verskil in tyds-agtergrond tussen die twee werke. Sewe Duiwels en wat hulle gedoen het het verskyn toe Afrikaanse letterkunde nog in sy kinderskoene gestaan het; Sewe Dae by die Silbersteins, daarenteen, het verskyn to die Afrikaanse letterkunde reeds tot volwassenheid ontwikkel het. Tweedens is daar onoorbrugbare kwaliteitsverskille tussen die twee grootheden waarmee hier gewerk is, sodat 'n vergelyking noodwendig ongeblanseerd sal wees. Ek het gevolglik nagegaan watter metode elke skrywer toegepas het in die kenbaarmaking van die Bose in sy werk en ook van welke aard die Bose is. In Hoofstuk IV het ek dan die twee werke kortlis vergelykend naas mekaar gestel.
- keywords
- Sewe dae by die Silbersteins, 1962
- Leroux, Etienne
- inLanguage
- Afrikaans
- numberOfPages
- 196
- fileFormat
Part of 'n Vergelyking tussen Sewe Duiwels en wat hulle gedoen het en Sewe Dae by die Silbersteins
